Wednesday, September 11, 2013

The Symbol Swapper



Kwartaal 4: Die Comic Attack

Beep .. beep .. beep 
Summoning the Symbol Swapper.

Okay so, hierdie kwartaal se taak was om ons eie comic te ontwerp en dan een paneel van hierdie kamstige ‘boek’ wat jy gemaak het, te teken met ‘n swart pen op ‘n A3 bladsy. Jy moes self jou storie uitgedink het en dan fotos by die skool gaan neem van jou vriende of onderwysers wat hierdie snaakse goed aanvang. Hierna, het ons dan die fotos uitgedruk en dit rangskik in 'n 'comic-layout' van jou keuse. En dan begin dit eers ..

Ek het ‘n storie opgemaak, naamlik The Symbol Swapper. Verbeel jou jy het ongelooflik sleg gedoen in jou wiskunde toets en jy voel hoe die sweet van jou voorkop af begin tap, want wat gaan my ouers se?! Not to worry my friend ! Met die hulp van die superheld, SS, kan jy enige swak punt verander in enigeiets wat jou hart begeer. Haar magiese kragte sal jou verstand heeltemal te bowe gaan !

My uitleg en storie beplanning:


Die medium wat ons gebruik het vir hierdie kwartaal se projek is swart pen. My aanvanklike gedagte – wow, defnitief nie. Maar toe ek eers begin, het ek dadelik agtergekom, pen is my ding. Na hierdie taak kan ek sonder twyfel se, ek verkies defnitief pen bo potlood. Alhoewel dit moeiliker is nou dat jy nie kan uitvee of ‘shade’ nie, maak dit jou meer bewus van wat jy alles met ‘n pen KAN doen. M.b.v hatching, cross-hatching en lyne, kan jy ENIGE iets met ‘n pen doen. Skaduwees is baie moeiliker, maar dit laat jou toe om versigtiger te werk en meer aandag te gee aan detail. Die pen is amper soos ‘n magic towerstaffie. Gesigte, soos seker gesien, is nie my ding nie. My mense draai gewoonlik uit as een of ander gremlin figuurtjie uit Narnia. Nogtans, ek voel gelukkig oor die gesigte wat ek in hierdie projek geteken het. Dit lyk redelik min of meer soos die foto (met my eie personal touch). 

Hier is my finale taak (met net die ongelukkige afwesigheid van 'n paar 'agtergrond-gesiggies')

'n Paar naby skote van my projek:




Ek het hierdie projek baie geniet - iets heeltemal nuut en vars. Pen, ek en jy sal nog 'n lang paadjie saam stap glo ek. Operation comic attack: CHECK !

* vir ekstra inligting skakel Meneer SS by #24478 of kontak die Hero Helpers Headquarters International se hoofkantoor by 0835559103.