Wednesday, October 2, 2013

Pablo Picasso


"Learn the rules like a pro, and break them like an artist
– Pablo Picasso

Ek dink almal het hierdie spesifieke prentjie in hulle koppe as hulle die woord ‘kuns’ hoor.  Iets na aan perfeksie, amper volmaaktheid. Maar dit is nie wat kuns is nie. Kuns is die breek van reëls, en die guts om uit die normale boksie te klim en te waag. Ja, kunstenaars het net die regte touch – die vermoëns, vaardighede en talent wat tog benodig word ten einde ‘n goeie kunstenaar te wees – maar hulle is nie bang om te waag en heeltemal die reëls te verbreek nie. Break the rules like an artist.

Kyk wat doen Pablo Picasso.  Hy vat ‘n gewone mens met al sy gewone draaie en proporsies, en verander dit in iets veelkleurigs en verwronge. En op ‘n manier, capture dit ons meer as ‘n doodnormale menslike figuur. Dis iets heeltemal uit hierdie wêreld, maar dit is kuns. Without art, the  earth would just be ‘eh.’  


Kuns is werklik iets waarmee ons kan doen wat ons wil. 'Kuns' is net 'n term, jy kan dit interpreteer hoe jy wil. Break the rules. Kuns bo !