Tuesday, November 5, 2013

Kwartaal 4: Through my eyes.


The Project:

Die projek van hierdie kwartaal is iets heeltemal anders as wat ons ou graad 10 klassie aan gewoond is. Nee, ons kry nie ‘n spesifieke medium nie. En nee, ons kry ook nie ‘n spesifieke opdrag nie. Nou is die tyd om jou gedagtes te laat gaan, om JOU brein te gebruik en jou eie interpretasies te begin maak. Dit is wat ons almal hierdie laaste kwartaal gedoen het. Ons is nie nou meer kunsbabatjies wat gespoonfeed moet word nie. Dit is vir my so interessant om almal se idees en werke te sien. Hoe ons nou uiteindelik kan doen wat ons wil. Dis asof almal se werke heeltemal anders is as in die vorige twee kwartale. Want almal doen nou wat hulle WIL doen. 

Ons het egter so ‘n miniatuur lepeltjie instruksies gekry wat ons nog moes volg. Die projek hierdie kwartaal was (slegs die woorde): Die wêreld deur die oë van: Jup that’s it ladies and gentleman, good night and happy holidays! 

Terug na realiteit. Wat ons moes doen, is om ‘n persoon te kies en die wêreld deur die oë van daardie persoon uit te beeld. Van die opsies was: gevangene, dokter, sielkundige, kind, seevaarder, filosoof, the lot! Ek het met die keuse gegaan van ‘kind.’ Ja, dit klink seker baie clichéd, maar ek het dit interpreteer op ‘n Lara-Metode. Ons moes 3 panele maak van hierdie spesifieke onderwerp, elk in die medium en oppervlakte van jou keuse. 

My idees en denkprosesse:

Eerstens, net om te noem, ek dink het het heeltemal mal gegaan tydens die denkproses en brainstorming van hierdie projek. Een idee kom, en groei en groei en verander in ‘n bos idees wat dan verander in hierdie takke en blare van idees en dan gevolglik in ‘n massiewe boom idees ontwikkel. Dit is dus hoe ek my eerste idee ontwikkel het. Boom. Ek wou die lewe deur die oogpunt van ‘n boom uitbeeld. (beplanning hieronder) Later aan, het hierdie idee vir my vervelig geword en ek het aanbeweeg na idee nommer twee.



Ek het afgekom op hierdie fotos op die Internet van ‘n ou en sy meisie wat reg oor die wereld toer en op elke plek waar hulle is, so ‘n foto neem. Dit was vir my iets heeltemal anders en baie interessant:










Ek was dus al baie in my lewe oorsee en het toe besluit ek wil die wêreld deur die oë van ‘n reisiger uitbeeld. Ek kon dus fotos van my eie oorsese vakansies neem en gebruik in my panele.

En toe kom idee nommer 3. Die finale een. Wat as ek hierdie idee nommer twee gebruik en dit net ‘n bietjie opjazz in die lewe van ‘n kindDit is dus toe presies wat ek doen. Ek wou wel ‘n ‘konstante’ in elk van my panele he, so dus het ek blomme gebruik. Hier is my beplanning in my joernaal:








Paneel 1: Ma en jong kindjie. Ek het ‘n volwasse ma geteken waar sy haar jong, brose kindjie lei deur die lewe. Ek het die tegniek van idee nommer 2 gebruik (die uitgestrekte hand). Daar is daisy blomme op haar rokkie en dit simboliseer innocence. Ek het gedink dit is die perfekte blom om ‘n jong kindjie se lewe mee uit te beeld. Sy is broos, rein, onskuldig en veilig onder haar ma se groot vlerke.

Paneel 2: Ouer ma en volwasse kind. Ek het die volwasse dogter uitgebeeld waar sy haar ma se hand vashou oppad na haar troue toe. Sy het ‘n freesia blom as corsage om haar arm. Die freesia beteken ewige vriendskap en liefde. Ek het gedink hierdie is die perfekte blom om te gebruik, aangesien dit die vriendskap en liefde van ma en kind wys, maar ook aanduideing kan he op die liefde tussen die volwassene dogter en haar toekomstige man.

Paneel 3: Ou ma en dogter. Hier is die jong dogter nou ‘n volwassene en kyk nou na haar ma, nes haar ma in die eerste paneel na haar omgesien het. Die rolle ruil dus om in ‘n ma-kind verhouding. Ek het die hospitaal as agtergrond gebruik, omdat dit die broosheid en afhanklikheid van ‘n ou mensie verteenwoordig. Die blomme langs die bed is azalea, wat broosheid beteken.

Hier is die finale projek, asook 'n paar naby-skote:







 
Ek dink my swart pen panele dra goeie simboliek oor. Ek het werklik gaan DINK oor my projek. Ek het baie inspirasie gehad: die-man-en-vrou-uitgesteekte-hand-fotos, my ma, die boek The Language of Flowers wat die simboliek van blomme verduidelik. Vreeslike harde werk, penne wat droog raak en lang ure - maar die moeite werd. Ek hou steeds by my stelling, pen is my thaaaang

En hier is my observasie sketse. Sommer besluit om hulle te morph vir 'n verandering:


En uiteindelik is die graad 10 jaar verby op 'n hoogtepunt. Laat ek nou maar my joernaal toemaak vir eers.