Die doel van hierdie kwartaal se werk was om die uiteenlopende samewerking tussen kleure in 'n reeks van vier skilderye te ondersoek. Ek moes 'n skildery van 'n bekende kunstenaar kies en 'n fragment wat vir my die interessantste komposisie en vorms toon op vier 20x20 cm skilderye kopieer.
Ek het The Green Stripe (1905) deur Henry Matisse gekies.
Die vier tipes kleur kontraste wat ons moes geskilder het, was:
1. Lig/donker kontraste
Ek het pers en groen as my twee kleure gekies. 'n Warm, bloedige pers laat my dink aan die donkerte en die lemmetjie, somer-groen wat ek gebruik het daarby, skep 'n groot kontras tussen die lig en die donkerte. Omdat die groen 'n ligte kleur is, beweeg dit 'terug' in die skildery terwyl die donker perse vorentoe spring.
2. Komplimentere kontraste
Die twee komplimentere kleure wat ek gebruik het vir my tweede skildery, is rooi en groen. Ek voel mens kan soveel verskillende variasies van hierdie twee kleure maak, veral die rooi. Die twee kleure verhelder mekaar wanneer hulle so langs mekaar staan. Die agtergrond van hierdie skildery is vir my baie treffend a.g.v die 'blood red blob.' Ek het agtergekom in hierdie skilderye se agtergronde het ek partykeer net 'n baie random 'blob' gemaak met 'n donkerder kleur en dit ingeblend by die agtergrondkleur. Hier kan mens dit nou duidelik sien.
3. Warm/koel kontraste
Hierdie skildery bestaan uit verskillende variasies oranje en blou. Alhoewel hierdie ook as komplimentere kleure beskou kan word, het ek gedink dit skep vir my 'n gevoel van warm en koud eerder as komplimenter. Die oranje het ek baie helder aangemaak, sodat dit 'n broeiende, passievolle somers-kleur uitstraal. Die variasies van blou is koel en teruggetrokke en laat die warm kleure na vore kom.
4. Kleur uitbreiding
My basiskleur vir skildery nommer vier, was rooi. Hierdie was defnitief vir my die moeilikste van die vier skilderye. Mens raak nogals later gefrustreerd as jy net een kleur skakeurings mag gebruik! (al het rooi/pienk baie verskillende variasies) Ek het dit wel met bloue gemeng om 'n perserige rooi te skep.
Alhoewel my vier skildery absoluut GLAD NIE soos dieselfde prent lyk nie, (ek vra onverskoning, Meneer Henry Matisse) was dit 'n baie lekker projek. Omdat dit my eerste skilderprojek was, het ek baie geleer oor kleure en die meng van kleure wat my baie in die toekoms sal help. Warm en donker kleure beweeg vorente en ligte en koel kleure beweeg terug. Dis belangrik om te onthou. Kwartaal een: CHECK !
En nou vir die observasie sketse _
No comments:
Post a Comment