KWARTAAL 3:
Hierdie kwartaal dring ons almal die magical wereld van die GRAPHIC NOVELIST binne.
Dum. Dum. Duuum.
Graphic Novels was iets waarin ek nog altyd belanggestel het. Ek is mal oor comic books en boeke met prentjies in. Dit is 'n manier om die leser heeltemal in die boek in te suig. Jy voel asof jy in jou eie klein universe is wanneer jy 'n graphic novel lees. Dis asof jy jouself heeltemal kan inleef in die boek in en dis asof jy self rondloop in die klein getekende paadjies en met die snaakse figuurtjies gesels.
Ek het bietjie gaan opsoek oor interessante graphic novel artists. Die verskillende variasies en style het my laat snak na my asem. Woodcuts, die mees asemrowende pen sketse, kleurgebruik, lig en donker konraste. Maar ek het dadelik verlief geraak op die oulike figuurtjies van Meneer
Die manier hoe hy enige moontlike dingetjie oulik kan laat lyk was vir my ongelooflik. Dis iets in die mannetjies se ogies dink ek. Iemand wat sy werk nagegaan het, het op 'n stadium gese:
I'm told in life that there are only two constants: death and taxes. That seems fair, but I was wondering if it would be O.K to propose a third option - that Skottie Young can make anything adorable. Hierdie mens praat die waarheid, absoluut !
Skottie is al vir meer as 10 jaar 'n illustreerder, cartoonist en skrywer, meestal vir kinderboeke. Hy werk vir bekende maatskappye soos Warner Bros & Marvel. Hy is ook bekend daarvoor om die graphic novels vir reeds bestaande boeke en stories soos Spiderman, X-Men en The Marvelous Land Of Oz te illustreer. Sy boek, THINGS, is ook 'n groot treffer.
Skottie het 'n blog op blogspot (skottieyoung.blogspot.com), so gaan kyk gerus 'n bietjie daar vir inspirasie, want hy het defnitief vir my inspireer met sy unike werk. Yo, Skottie bo !
My Joernaal-Werk van Mnr Young.
Hier is van sy werk, sy sketse en sy figuurtjies: