Monday, July 22, 2013

Renaissance Copy Cat.

Kwartaal 2: Operation Renaissance Copy-Cat . 

Vir die 2de kwartaal moes ons 'n skildery van 'n bekende Renaissance kunstenaar neem en probeer copy. Ek het Young Man With A Medallion (baie oorspronklike naam) geskies deur Sandro Botticelli. Ek het hierdie skildery gekies omdat ek baie van die kleurgebruik hou, en omdat die man bietjie anders lyk as die gewone Renaissanse Models. Hy lyk hy soos 'n vrou wie se hare te groot is vir haar lyf. Miskien is dit vol geheime, mens weet nooit .. Ons sal ook nie weet of 'dit' 'n hy of 'n sy is nie, want die model is tot vandag toe nog onbekend. Freaky.

Die oorspronlike skildery is 'n tempera en is tussen 1474 en 1475 geskilder. Dit word vandag in die Uffizi Gallery in Florence uitgestal vir die van julle wat die eienaardige man/vrou wil gaan aanskou in lewende lywe. Reg links is die original, geskilder deur Botticelli.

Ek is gladnie 'n 'real life' kunstenaar nie. Ek sukkel baie om realisties te verf, maar ek kan wel realisties teken wat 'n pluspunt is. Ek is ekspressionisties. Ek hou van rof werk en merke maak, so hierdie taak was vir my 'n groot uitdaging en nogals 'n gesukkelry, maar ek dink ek het op die ou end 'n 'billike' taak gemaak. Ek is ook nie baie mal oor Akriel verf nie - ek sukkel met die 'vinnig-droog-raak-aspek' omdat ek juis so rof wil werk en kleure oor mekaar wil sit en meng en net mal gaan.

My beplanning/swatches/navorsing


En hier is hoe my finale produk uitgekom het. Ek weet, hy/sy is baie geel. Soos ek genoem het, ek is regtig nie 'n 'realistiese' kunstenaar nie, so hierdie is nou nie 'n wonderwerk van 'n prent nie, maar ek het probeer. En probeer is hoe jy leer, right?

Hierna, moes ons nou die oorspronklike weergawe weer geneem het en 'n parody & rip-off daarvan maak. So hier is Meneer/Mevrou Onbekend in die jaar 2013. Ek het hom 'n bietjie gemodernize: KFC Barrel, pout, chest-hair, 'n skull ring, iPod in die sak, rasta hoedjie, the lot.  Looking cool Mister.



En my 5 observasie sketse vir die kwartaal. 


So hiermee sluit ons die kwartaal af.
Operation Renaissance Copy-Cat - CHECK.

No comments:

Post a Comment