Monday, July 29, 2013

Blobs.

Blobs make great art.
Hier is sommer net 'n klein interessante oefening wat ons in die klas gedoen het. Al wat jy benodig is 'n strootjie, enige kleur ink, 'n wit bladsy, 'n swart pen en BAIE imagination. Hier is dit regtig waar en 'n akkurate beskrywing om te se: Let your creative juices FLOW. (ink vloei, get it?)

Doop die strootjie in die ink, maak 'n blob op jou bladsy en blaaaaaas die ink sodat dit orals oor die bladsy rol en vloei in snaakse vorms in. Moet net nie perongeluk suig nie, want ek is seker niemand wil met blou en oranje tande opeindig nie. Hierna, wanneer als droog is, gebruik 'n swart pen en teken wat jy sien. Morph morph morph. Ek het byvoorbeeld die E.T Phone Home vinger in myne raakgesien. Dit is regtig 'n baie interessante oefening en dit wys mens net weer dat kuns vir mens die vermoe gee om enigeiets, so eenvoudig soos 'n paar ink blobs, in 'n masterpiece kan verander. 





'n close up van my ruimteman en skeleton.





No comments:

Post a Comment